W116 (1) – LEA

R12 024 000,00
Commercial
Description

W116 (1) - WILDS PLAAS in Bray - N.W.

- BRAY NORTH WEST

Hier is algemene inligting van die plaas 17 km vanaf Bray op die Mokopong pad.

Die wildsplaas is 2313 ha groot en die plaas is heeltemal omhein met ‘n gedeelte wat Bonnox heining is en die ander gedeelte is gespan met 24 lyne staaldraad.

Daar is ‘n aparte Buffelkamp 190 ha groot met dubbele heining.  Daar is ook ‘n tweede kamp van 30 ha wat met Jakkalsdraad onder toegespan is en die heining is ge-elektrifiseer, die kamp is uitstekend geskik vir die Boerbokooie om in te lam.

Daar is ‘n boorgat toegerus met ‘n dompelpomp wat water pomp na 3 verskillende waterpanne toe waar die diere uit drink.

Die huis gedeelte is ook toegespan vir die doel van veiligheid indien dit sou gebeur dat ‘n
Buffel sou uitkom uit die Buffelkamp uit.

Ander verbeteringe is ‘n vier slaapkamer woonhuis met ‘n woonstel en al die meubels in beide geboue is ingesluit in die transaksie, daar is ‘n stoor wat nuutgebou is.  Die plaas beskik oor 2 Boma’s.  Boma 1 het 2 groot krale en Boma 2 het 4 krale en ‘n afdak.  Die slagkamer het 2 x koelkamers vir die verkoeling  van wild en of enige dier wat geslag moet word. 

Voertuie wat ingesluit is in die prys is:  Die Jagbakkie 2,2 L, Hilux, 4 x 4;  Trekker + Wa + Bossiekapper;  Houtsaag (wat saamwerk met die Trekker).

Prys ingesluit:  Grond, Kommissie:  R12 024 000,00

https://www.facebook.com/iprop.vantonder.7/

Property Features
Commercial
Wynand Kemp
Agent
0615313858
0514301853
Nelis Van Tonder
Managing Director
0828077227
0514301853