VEILING – 11 NOVEMBER 2021 – WINBURG OMGEWING.

Auction
Commercial
Description

VEILING - STAAK BOERDERY - MEIRING FAMILIE - 11 NOVEMBER 2021 - WINBURG/VERKEERDEVLEI OMGEWING.

- WINBURG FREE STATE

Staak Boerdery Veiling

Meiring Familie

LANDBOU OORSIG

Dit gaan baie goed met die landbou bedryf in SA huidiglik. Graan pryse, vee pryse en wild pryse is goed.

Die hoër pryse veroorsaak dat die boere se kontantvloeie beter lyk en dit het weer ‘n oorsaak dat die boere se koopkrag baie verbeter het. Dit lyk of die seisoene ook na normaal terug gekeer het en dat daar beter uitsigte is vir die jaar wat voorlê.

Saffex pryse t.o.v kommoditeite vir die opkomende oeste is ook nog goed en dit maak dit makliker vir graan boere om voor-seisoen kontrakte te teken om sodoende goeie gemiddelde pryse vir hulle gewasse te verseker.

Vee pryse is bo-gemiddeld hoog en aanvraag oorskry die aanbod heeltemal. Daar is baie minder diere wat op veilings aangebied word hierdie jaar as in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar. Die brande in die Vrystaat het ook ‘n groot invloed op die vee-bedryf, baie diere is dood a.g.v die brande en sommige boere is gedwing om hulle diere te voer net vir oorlewing. Die kostes om voer te koop maak finansieël nie sin nie en die boere maak baie staat op hulp van ander boere om vir hulle voer te skenk. Die pryse van veral gewone wild het opwaarts beweeg en handhaaf hulle waardes dieselfde as eksotiese wild se pryse wat geweldig gedaal het en wat nou vlakke bereik het waar die pryse ook gehandhaaf word.

Die aptyt wat kommersiële banke en ander finansiele instellings het om in die landbou sector oor die algemeen te belê is baie positief. Die kontantvloeie lyk beter en klop beter en dit help om nuwe transaksies moontlik te maak.

Die waardes van grond in die algemeen is goed en is nou op vlakke wat meer sin maak en nader is aan die realiteit waardes en pryse huidiglik. Die water tafel lande wat op ‘n stadium verkoop is vir tot en met R90,000 p/ha het nou goedkoper geword en die grond verkoop nou vir tussen R40,000 en R50,000 p/ha.

Voedsel sekuriteit is sekerlik saam met sonkrag die belangrikste twee bedrywe in die wêreld. Om te belê in die bedrywe is baie goed. Buite lande belê graag in de verskillende landbou bedrywe in SA en dit bewys dat hulle positief kyk na die boerdery bedryf in SA ongeag die politiek. Ek voorsien dat daar al hoe meer uitvoer market ontgun gaan word waar ons landbou produkte kan verkoop en dit gaan ons help om beter pryse te kry vir ons produkte. Die kompetisie t.o.v binnelandse kopers van ons lanbou produkte word baie meer, daar is meer aankopers en dit help die boere baie, want in die verlede was daar enkele aankopers wat die mark beheer en gemanipuleer het.

Landbou in SA is verseker die bedryf wat ons land se ruggraat in die ekonomie is en was vir die afgelope jare. Dit is ‘n goeie bedryf om in te belê. Die boerderye kan werksgeleenthede skep vir die boer en sy familie in verskillende sektore in die boerdery sektor.

Landbou is en bly ons land se primêre bedryf.

Property Features
  • Land is 2,243.78 hectare
Commercial